Local newsNews

Tiener in intensiewe sorg nadat bye hom steek

‘n 16-Jarige tiener is in die intensiewe sorgeenheid van die Life Dalview Kliniek opgeneem, nadat hy vanoggend (Vrydag) deur ‘n swerm bye by sy huis aangeval is.

Wessel Swart was ongeveer 10.30vm by sy ouerhuis in Stasieweg toe hy deur die aggressiewe bye oorval is. Hy is verskeie kere gesteek en is boonop allergies vir ‘n bysteek.

Wessel kon daarin slaag om na sy ma, Linda, wat by die Brakpan SAPD werk, te  hardloop (die huis is naby die polisiestasie geleë). Hy is toe na die hospitaal geneem waar hy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is.

Linda het gesê dat daar nog nie sekerheid is oor hoeveel keer hy gesteek is nie.

“Sy bloeddruk is baie hoog en sy hartklop is ook nie normaal nie,” het Linda gesê.

Volgens haar is daar drie honde op die perseel en Wessel het vir haar gesê dat die honde ook aangeval is.

Die Herald het die huis besoek, maar kon dit nie naby waag nie aangesien die bye steeds op die perseel was.

Inwoners van ‘n huis langsaan het ook deurgeloop onder die bye maar nie maar het nie mediese behandeling nodig gehad nie.

Sodra inligting oor die diere se toestand beskikbaar is sal dit bekend gemaak word.

Die huis in Stasieweg waar die bye op die tiener toegesak het. Die ambulans in die foto het later opgedaag.
Die huis in Stasieweg waar die bye op die tiener toegesak het. Die ambulans in die foto het later opgedaag.

 

Related Articles

Back to top button