CrimeEditor's choiceNews

Rower, wat by skool inbreek, word geskiet

Lede van die Brakpan anti-kapingseenheid het Saterdagoggend (10 Oktober)  twee rowers by ‘n hoërskool op die dorp betrap, waarna een in die been gewond is.

Volgens inligting het twee lede van die eenheid inligting opgevolg.

Toe hulle by die skool ondersoek ingestel het, was daar ‘n geraas in ‘n stoorkamer.

Een van die verdagtes het glo probeer om weg te hardloop toe hy die lede van die SAPD opgemerk het.

Die tweede een, wat steeds in die stoorkamer was, het  glo gepoog om insp Jan Roos met ‘n koevoet (crow bar) te slaan.

Hy is toe in die regterbeen gewond.

Die gewonde rower is na ‘n hospitaal geneem waar hy onder polisiewaking aangehou sal word en die tweede verdagte, wat gearresteer is, sal in aanhouding bly totdat hy binnekort in die hof verskyn.

Die Herald is bewus van waar die inbraak plaasgevind het,  maar weerhou vir eers die naam van die skool.

Meer inligting sal volg.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button