Editor's noteLocal newsNews

Pretdag ten bate van ses-jarige

’n Fondsinsameling en pretdag vind Saterdag plaas om Jami-Lee Prinsloo en haar gesin finansieel by te staan met haar mediese onkostes.

Jami-Lee is ’n ses-jarige meisie wat nog nie kan loop of praat nie. Sy het epileptiese aanvalle tot op die ouderdom van drie maande gekry en moes vyf heup operasies ondergaan, omdat sy geen heup-balle gehad het nie.

Jami-Lee ly ook aan kroniese hart- en bloeddrukprobleme.

Die pretdag vind Saterdag vanaf 10vm tot 6nm by Floorsstraat 155, Withok Estates plaas. Daar sal vermaak met verskeie kunstenaars wees.

Vir die snuffelkous en kosfoendi is daar talle stalletjies sowel as ’n springkasteel en vermaak vir die jongspan. Bywoners kan hul eie kampstoele en koelerboks saambring.

Rig vermaak navrae aan André Grobbelaar by 076 655 2900 of Maryna Grobbelaar by 083 243 5428. Vir meer inligting oor stalletjies skakel Judith Kea by 071 685 5079 of Cerkia Diaz by 083 452 2350.

Related Articles

Back to top button