CrimeEditor's choiceNews

Waarskuwing: Skelms se maniere om toegang tot jou huis te kry

Die Brakpan SAPD het ‘n dringende waarskuwing aan inwoners van die dorp, maar veral inwoners van Brenthurst, gerig.

Dit volg nadat verskeie voorvalle aangemeld is waar mense onder valse voorwensels toegang tot eiendomme probeer kry.

Die insittendes van ‘n wit Toyota Corolla en ‘n swart Tazz is op slinkse maniere baie bydrywig in Brenthurst.

Volgens kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, is verskeie voorvalle aangemeld.

“Die mense doen hulself voor as werknemers van Ekurhuleni en slaan gewoonlik toe wanneer daar net ‘n huiswerker op die perseel is,” het Joubert verduidelik.

“Hulle sê dat foto’s geneem moet word van meters binne in die huis.”

Daar was ook ‘n voorval waar die booswigte aan ‘n huiswerker gesê het dat die huiseienaar instruksies gegee het dat die televisie gehaal moet word vir herstelwerk.

“Ongelukkig is daar mense wat vir die ou streke val,” het Joubert gesê.

“Huiseienaars moet hul huiswerkers, tuinwerkers en selfs kinders inlig om, onder geen omstandighede, ‘n hek vir ‘n vreemde persoon oop te maak nie.”

Persone wat die twee gemelde voertuie opmerk, of enige ander verdagte situasies teëkom, kan die sector voertuig skakel. Die nommer is 071 675 6958/59. (Kliek hier vir ander sector nommers)

Lees ook:

Hekmotor diewe is baie bedrywig

Waarskuwing: Wees versigtig as iemand jou voertuig lig stamp, dit is moontlik ‘n lokval

Keep valuables locked out of sight

Keep your cellphone out of sight

Related Articles

Back to top button