Editor's choiceLettersOpinion

Agteruitgang by Jan Smutsdam is opvallend

Leser skryf per e-pos: Jan Smutsdam se agteruitgang is ’n werklike verlies.

Ons het gereeld gaan piekniek hou in die sewentiger jare, maar nou is dit absoluut ’n vieslike plek.

Naweke word daar gebraai en partytjies, met harde musiek, tot laataand gehou. Die volgende dag lê die gemors die hele plek vol.

Die gemors lê net so vir ’n hele week voordat dit opgetel en in sakke geplaas word, waarin dit nog langer lê voordat dit verwyder word.

Slegs sekere dele, soos die area voor die palisade in Escombelaan, word skoon gemaak, terwyl die res van die paaie om die dam en waar die visvangareas is, bloot oorgesien word.

Daar is intussen ’n massiewe kennisgewing by die enigste ingang opgerig met reëls en regulasies, maar dit word bloot geïgnoreer. Ten spyte dat daar gemeld word dat die hekke om 6nm sluit en geen drank toegelaat word nie, word daar nou tot nog later gekuier en lawaai.

Kyk hier na meer foto’s wat die leser aangestuur het

Lees ook:

Man te skaam om te sê hy bly in Brakpan

Destroying facilities is like cutting off your nose to spite your face

Illegal dumping a disgrace to the human race

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button