Editor's choiceNewsSchool sportSchoolsSport

Geen keer aan Stoffies se rugbyspanne

Die Hoërskool Stoffberg het vanjaar ‘n blink rugbyseisoen beleef.

Al die rugbyspanne het, te midde van sterk kompetisie, deurgedring na die Valke kwartfinaal.

Die o-15- en o-16-spanne het verder gevorder en deurgedring na die Valke semi-finale.

Beide die eerste- en tweedespanne het deurgedring deur na die Valke finale.

Die eerstespan het onlangs ook die trotse wenners geword van die Valke kampioenskap titel, deur Brandwag in die finaal te klop met ‘n telling van 10-6.

Stoffberg was in die eerste helfte van die wedstryd, in bittere koue, onder druk en ten spyte van ‘n drie deur Arnoux Venter was hulle teen halftyd 5-6 agter.

In die tweede helfte het Stoffberg skielik oorgeskakel na tweede rat en alle fasette van die spel begin oorheers.

Na ‘n seepgladde agterlynbeweging, laat in die tweede helfte, het Stoffberg se senter, Louwrens Goosen, die oorwinning beklink deur oor te duik vir ‘n skitterdrie, om die eindtelling 10-6 te maak.

Stoffies dring nou deur na die kwartfinaal van die Beeldtrofee-kompetisie, teen die wenners van Die Wilgers en Vryburg. Hierdie is die sewende jaar agtereenvolgens dat Stoffberg se eerstespan in die Valke finaal gespeel het en die vierde jaar agtereenvolgens dat hulle die kwarteindrondte van die Beeldtrofee-kompetisie bereik.

Related Articles

Back to top button