LettersOpinion

Asblik in oprit kan ongeluk veroorsaak

"Dog ek sê maar net" skryf per e-pos: Ek woon in Prince Georgelaan, wat ‘n baie besige straat is, en wat daagliks baie verkeer dra.

Elke week wanneer dit tyd is dat my vullis verwyder moet word, sidder ek om by die huis te kom.

Sodra my “wheeliebin” leeggemaak is, dan word die asblik in die middel van my oprit, reg teen die pad gelaat.

Dit veroorsaak dan dat ek in die middel van Prince Georgelaan moet sitlhou om die asblik uit die pad te verwyder, sodat ek in my oprit kan inry.

Dit is gewoonlik om 5nm en dan is daar baie verkeer.

Ek sit die asblik langs my oprit, teen die muur maar neer, dit is te veel werk om dit weer daar terug te sit of uit die pad te stoot.

My bure het twee asblikke en soms word dit ook in my oprit gelaat.

Nou wonder ek maar net: Gaan my skade betaal word wanneer ek in ‘n ongeluk betrokke is omdat daar geweier word om my asblik terug te sit waar dit hoort?

Ek het hulle al versoek om nie die asblik in die middel van my oprit te los nie. Die reaksie was: “Move it yourself”.

Die wheeliebin-sisteem is n goeie idee, maar die werkers moet opgelei word om dit nie in opritte of in die pad te laat nie.

Lees ook:

Maak jou punt tot dit stink

Metro will replace broken bins

Bin system is ridiculous

Bin has been stolen twice

How to claim for damages from the municipality

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button