Only in Africa: Giraffe attacks cyclist…

Twee bergfietsryers is glo die afgelope naweek deur ’n kameelperd 'aangeval' in die Groenkloof-natuurreservaat. 'n Video van die beweerde 'aanval' is Maandag deur een van die fietsryers op YouTube gelaai. Teen Woensdag is dié video al meer as 6000 keer bekyk. Volgens dié fietsryer, Ryk van Niekerk, het hulle Sondag die 'mak' kameelperd teëgekom. "Die dier het aggresief begin raak nadat hulle foto's geneem het. Louis-John Rex se bergfiets van sowat R30 000 is deur die kameelperd verwoes," het Van Nierkerk onderaan dié video gesê.

Back to top button