Plaaslike musikant wil mense herinner hul is waardevol

Anrique se musiekreis, wat begin het met sy liefde vir sing, het uiteindelik gelei tot 'n diep persoonlike en emosionele werk wat mense aanmoedig om hul eie waarde te sien.

Die plaaslike kunstenaar Anrique Crow het op ‘n vroeë ouderdom sy liefde vir musiek ontdek.

Hoewel dié Elspark-inwoner in sy skooljare al begin sing het, was dit eers tydens ‘n karaoke geleentheid dat hy besef het hy het talent.

“Ek het nooit gedink om dit verder te vat tot en met daardie einste dag nie,” het gy gesê.

Die opgewondenheid van die gehoor en die manier waarop hy met die oorspronklike kunstenaars vergelyk is, het hom diep beïndruk en geïnspireer.

Sy reis as musikant was nie sonder uitdagings nie.

“Ek was al baie keer verneder deur mense as gevolg van wie ek is.”

Die deurbraak het gekom toe hy Jennica Marais, ‘n talentvolle sangeres, ontmoet het. Sy het hom aangeraai om by JM Productions aan te sluit, wat ‘n nuwe begin vir Anrique se musiekloopbaan was.

Sy deelname aan ‘n kompetisie in Boksburg wat sy aangebied het, het hom gemotiveer om sy talent verder te ontgin.

Eendag uit ‘n donker tyd het Anrique sy gevoelens op papier neergeskryf en sy eerste liedjie begin saamstel. Met elke woord en elke melodie het die lied, Ek Is Dit Werd, begin vorm aanneem. Hierdie lied is vir Anrique ‘n simbool van selfwaarde en herstel.

Hy hoop dat dit vir ander wat deur soortgelyke pyn gaan, sal dien as ‘n herinnering dat hulle ook waardevol is.

Ek Is Dit Werd is meer as net ‘n lied; dit is ‘n boodskap van hoop en selfwaardering.

“Die lied het my gehelp om van al my seer af weg te breek. Ek hoop ek kan dieselfde doen vir diegene wat na die lirieke luister,” het hy bygevoeg.

Lees Ook: Plaaslike musikant blink uit by Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings

Exit mobile version