Entertainment

Plaaslike sangeres reik na die sterre

Die rooikop is al vir ses jaar doenig in die musiekbedryf en het al die voorreg gehad om die verhoog met groot name soos Steve Hofmeyr, te deel.

Die talentvolle sangeres van Impala Park, Luané-Anél van Staden, ook bekend as Lu-Anél, maak steeds golwe in die musiekbedryf.

Lu-Anél is sewentien jaar oud en het reeds die harte van musiekliefhebbers, regoor die land, verower met haar sterk stem en sjarmante verhoogpersoonlikheid.

Dit is bewys toe sy weer onlangs vir die gesogte Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings genomineer is.

Die talentvolle kunstenaar het ’n nominasie ontvang in die volgende kategorieë:
• Best live performer (under 18)
• Beste pop enkelsnit (onder 18) vir Liefdes Gevoel
• Beste vroulike kunstenaar

Verder het Lu-Anél vroeër vanjaar ‘n nuwe enkelsnit, Doringrosie, vrygestel.

Die snit gaan oor iemand wat te lank ‘stilgebly’ het oor die seer en trauma van die verlede, en besluit het om ’n einde daaraan te maak deur haar verhaal te deel,” verklap die bekroonde sangeres oor die betekenis agter haar nuutste enkelsnit uit die pen van die gewilde musikant en liedjieskrywer, Rudi Claase.

Lu-Anél is ook besig met oorspronklike musiek wat later vanjaar vrygestel word. Een van die liedjies het sy self geskryf.

Haar liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en sy was van kleins af mal daaroor om haar huismense te vermaak met liedjies. Sy is ’n avontuurlustige mens, met ’n waaghalsige streek en voorliefde vir aktiwiteite wat haar hart vinniger laat klop. Die rooikop is al vir ses jaar doenig in die musiekbedryf en het al die voorreg gehad om die verhoog met groot name, soos Steve Hofmeyr, te deel en met talle musiektoekennings weg te stap.

Hierdie matrikulant het groot bewondering vir plaaslike sangers soos Rudi Claase en Jo Black en internasionale sterre soos Céline Dion, Adele, Pink, Whitney Houston en Suzi Quatro en glo dat hulle almal ’n invloed gehad het op haar eie musiekstyl.

Lu-Anél glo dat jy hard moet werk vir wat jy wil hê in die lewe en dat jy nederig moet bly.

Sy oorweeg dit ook om deeltyds klankingenieurswese te studeer.

Lees Ook: Rudi Claase se nuutste album verkoop soos soetkoek

Lees Ook: Gerhard Steyn beskryf die krag van liefde in nuwe enkelsnit

   

Related Articles

Back to top button