Die Fakulteit is terug vir ‘n tweede seison

Seisoen een het meer as ‘n half miljoen kykers per episode vermaak en die tweede seisoen beloof ‘n paar nuwe kinkels en kabels.

Dit was nie net leerders en onderwysers wat terug skool toe is nie, maar eMedia se Afrikaanse komedie, Die Fakulteit is ook terug op die kassie vir ‘n tweede seisoen.

Höerskool Oosterlig se gronde is weer die afgelope vakansie gebruik om die reeks, vervaardig deur Coolerbox Brothers, te verfilm.

Die eerste seisoen het ons voorgestel aan die wel en weë van die personeel van die fiktiewe Hoërskool Oos.

Hoofkarakters sluit in die skoolhoof Dr Reinette Naudé (Bibi du Preez), haar psigopatiese sekretaresse Annetjie Kitshoff (Leigh-Ann Fourie) en onderwysers Du Toit Meyer (Abel Knobel), Susan Steyn (Carien Botha), Amelia de Waal (Zöricke Snyman), Jan Gerber (Carl Trautman) en Sebine Kritzinger (Tené Theron).

Seisoen een het meer as ‘n half miljoen kykers per episode vermaak en die tweede seisoen beloof ‘n paar nuwe kinkels en kabels.

Daar is ook nuwe karakters soos Reinette se seun Mathys, vertolk deur danser en sanger Zijn-Rudolph van Zyl, wie sy verskyning maak as vermaak by Naledi (Tabitha de Jager) se hennepartytjie.

Tené Theron, Carl Trautman, Leigh-Ann Fourie en Abel Knobel agter die skerms by Die Fakulteit.

Die een hartseer ding van seisoen twee is dat hulle vir Botha se karakter tydelik in die middel van die seisoen moes groet. Botha het aan die begin van seisoen een uitgevind dat sy swanger was en moes uitgeskryf word.

Terwyl beide Botha en haar karakter op kraamverlof was, het aktrise en Bay FM radio omroeper Jocelyn Scholtz ingetree as die nuwe geografie juffrou, Bernadine ‘Beast’ Booysens.

Behalwe vir Bernadine gaan kykers ook ‘n paar nuwe karakter ontmoet. Johan Joubert as ‘Vark’ Bezuidenhoudt, die kwaai TT meneer, Riana Jones as Sylvie Pieterse, ‘n militaristiese skoolhoof van Oudtshoorn, Charmaine Meyers, Dr Denise die skoolsielkundige, sanger Austin Scheepers as ‘n plaaslike joernalis en Zaan Sonnekus as homself.

Karakters wat ook weer ‘n verskyning maak is sangeres Zoé as Cindy Swanepoel, die gemeenste meisie in Graad 11, Darius Pretorius as geskiedenis meneer Fanie Viljoen, die musiekgroep Vrede se Francois Roux, Storm Opperman as die skool se tuiniers en naelloper en ASA afrigter Geraldine Pillay-Viret keer terug as die snobistiese skoolhoof, Moira Schoonhoven.

Leerders van reg oor die Oos-Rand genooi om klein rolle in die reeks te vertolk.

Die Boksburg Advertiser het onlangs die stel gaan besoek om met van die akteurs en leerders wat betrokke is by die verfilming te gesels.

Enrico Struwig, Chaniëlle Stoltenkamp en Lee-Ann Rudman, Graad Elf-leerlinge van Oosterlig, het dit geniet om deel te wees van die verfilming.
Die leerlinge is meestal ingespan as ekstras. Rudman het ook gehelp met die kostuums en rekwesiete.

Ervaring
Struwig het vertel dit was vir hom ‘n groot voorreg om saam met Botha te werk, wat baie Suid-Afrikaners leer ken het as Blapsie in Molly en Wors.

“Dit is baie opwindend om met die akteurs te werk. Hulle is baie plat op die aarde. Ek het ook baie geleer,” het Struwig gesê.

Stoltenkamp het vertel dit was vir haar ‘n lekker ervaring om deel te wees van die reeks.

“Ek het dit geniet om saam met die akteurs te werk en sal graag eendag in vermaaklikheidbedryf wil betree. Ek hou daarvan om mense te laat lag,” het Stoltenkamp bygevoeg.

Rudman het verduidelik sy het besluit om stel toe kom om uit te help by Die Fakulteit om haarself besig te hou tydens die vakansie.

“Dit was vir my baie lekker en hopecpret,” het sy vertel.

Lee-Ann Rudman, Chaniëlle Stoltenkamp en Enrico Struwig van Höerskool Oosterlig saam met die akrises Tené Theron en Bibi du Preez op die stel van Die Fakulteit.

Theron het gesê sy kan met haar karakter vereenselwig omdat sy ook in die onderwys is.

“Dit voel of ek myself speel. Ek gee nouwel nie vir hoërskoolleerders klas nie, maar Graad Rs,” het sy gesê.

Wanneer Theron uitgevra word oor haar karakter, sê sy mense onderskat vir Sibene oor haar voorkoms.

Verder sê sy die hele produksiespan is gaaf.

“Ek het dadelik gemaklik gevoel. Dit is lekker dat ons almal goed oor die weg kom,” het sy gesê.

Die Fakulteit seisoen twee begin op 14 Julie op eExtra, Openview kanaal 105 en DStv kanaal 195 en is ook beskikbaar om gratis te stroom op eVOD.

Also Read: Apartheid-themed movie filmed in Boksburg

Lees Ook: KYK: Nuwe Afrikaanse komedie by Oosterlig verfilm

   

Exit mobile version