KYK: Steve Hofmeyr het Boksburg-gehoor op hul voete

Hofmeyr het tydens die vertoning trefferliedjies gesing.

Die gewilde Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr het op 28 Junie die gehoor by Wildebeest Live vermaak.

In die bibberweer het hy hulle op hul voete gehad met van sy ou bekende liedjies soos Agter elke man, Blou Ballon en Pampoen.

Hofmeyr het ook hulde gebring aan Theuns Jordaan deur een van sy liedjies, Net voor die storm kom, te sing.

Verder het hy liedjies soos Kenny Rogers se The Gambler en Neil Diamond se Sweet Caroline asook Don Williams se Amanda wat hy ‘n paar jaar gelede opgeem het saam met Demi Lee Moore, gesing.

Also Read: KYK: Brendan Peyper bring hulde aan Theuns Jordaan tydens vertoning

Also Read: Afrikaans singers shine in Boksburg

   

Exit mobile version