Entertainment

Phillip se drome word waar

Phillip het ook 'n nuwe enkelsnit, Verbeel, vrygestel.

As kind was Phillip Schnetler van Eveleigh vasgenael voor die kassie as die sepie 7de Laan se bekenede deuntjie speel. Nou het hy self ‘n rol in die gewilde sepie losgeslaan.

Kykers mag hom dalk erken as die molesmaker Francois in Suidooster of Ashton in Getroud met Rugby. Nou maak hy ook ‘n draai in Hillside.

Phillip het verduidelik sy karaker, Ewald (wie se skuilnaam Rikus is) is die seun van Sandra Stutterheim en Carlos Perestrelo.
“My karakter het gekom om sy ma se juwele te kry,” het hy verduidelik.

Volgens Phillip was dit ‘n ongelooflike ervaring om deel te wees van 7de Laan.

“Ek het grootgeword met Hilda, Matrone, Oubaas en Vanessa.

“Dit was lekker om met Ingrid Paulus, wat Vanessa vertolk, te werk- al het ons nie tonele saam gehad nie. Ek ken haar en haar man, Denver.
“Ek was ook mal daaroor om met Carina Nel, wat Alexa speel, te werk. Sy is ongelooflik komies.”

Verder verduidelik Phillip dat hy sy hare donkerbruin moes kleur vir die rol.

“My eie hare is ligter. My ouers in die storie is Portugees en my hare is ‘n ligbruin. Ek groei my hare nou weer uit omdat die donker hare moeilik is om te onderhou.

Oor agter-die-skerm staaltjies het Schetler verklap, “Daar was ‘n goeie toneel wat uitgeskryf is weens logistieke redes. Dit gaan oor ek en die Tjattas (Rikus) wat in die kar ry en dan gooi ek ‘n slaappil in sy koeldrank. Hy raak toe aan die slaap. In die storie moes ons in ‘n dam gery het. Die hele kar sou in ‘n dam gewees het, maar dit was te koud. Ons het die toneel in die winter geskiet. Ons het net in die kar gery en hulle het verder ‘stock footage’ gevat oor hoe die kar in die dam beland.”

Hy voeg by dat dit vir om dit uitdaging was om ‘n karater te speel wat 23 is terwyl hy 33 is.

Schnetler het ook nie baie tyd gehad nie om voor te berei vir hierdie rol nie.

“Dit het alles baie vinnig gebeur. Hulle skiet 18 tonele ‘n dag. Ons moet twee ure voor ons eerste toneel geskiet word op stel wees. So, as my eerste toneel 08:00 geskiet word, moet ek 06:00 daar wees. Partymaal werk jy 12 ure ‘n dag.”

Schnetler het verduidelik hy is ook hartseer omdat die sepie in Desember na 23 jaar van die lug af verdwyn.

“Almal het geweet as daai liedjie speel is jy voor die televisie. Baie mense het ook hul werk verloor,” het hy bygevoeg.

Nuwe musiek

Nie net blink Phillip voor die skerms uit nie. Hy is ook ‘n sanger en liedjieskrywer wat ‘n nuwe enkelsnit vrygestel het op September 29 as deel van’n kortspeler wat op 17 November uitgereik word.

Verbeel kom uit Phillip se pen uit.

“Die tema van die liedjie is as jy regtig iemand spesiaal ontmoet, jy dan wonder of dit werklik of jou verbeelding is.”
Verbeel is op alle digital platforms beskikbaar.

Boksburger
Volgens Phillip geniet hy die koffiewinkels in Boksburg.

“Ek is ‘n ‘sucker’ vir ‘n plek wat lekker koek en ontbyte maak, en hier is ‘n groot verskeidenheid in Boksburg,

Boksburg is ook baie sentraal en ‘n mense-plek. Die mense hier is opreg.”

   

Related Articles

Back to top button