Entertainment

Plaaslike sanger hoop om Sy naam hoog te hou met nuwe album

Die plaaslike sanger het groot drome vir die toekoms.

Daar is opwindende dinge in die pyplyn vir die opkomende sanger en liedjieskrywer van Boksburg, Franco van Zyl.
Die 25-jarige het onlangs ‘n nuwe album, Jesus is King, vrygelaat.

Sy eerste album My Geheim was vir hom ‘n groot mylpaal, maar Jesus is King is vir hom die grootste voorreg.

“Op ‘n jong ouderdom het ek my hart ten volle vir Jesus gegee en my lewe het toe eers begin. Dit is die grootste voorreg om een van Sy instrumente te wees. Daarom sing ek graag in Sy naam en ook vir hom.”

Die inspirasie agter dié album is hoe Franco sy pad saam met Jesus begin het.

“Elke liedjie het ‘n spesifike betekenis vir my en was op my hart gelê om te sing. Van die liedjies is liedjies wat ek nooit gedink het ek sou sing nie, maar die dag toe ek by Sy voete gaan sit het, het Hy gekies.

“Die album was geproduseer deur Vincent Gordon wie my eerste album ook behartig het. Ek dink hy het dit die moeilikste gehad, want hy moes getrou bly aan wat my hart gevoel het,” het hy verduidelik.

Hierdie album bestaan meestal uit bekende ‘covers’ en twee oorspronklike liedjies.

“My hoop vir die album is om ‘n verskil te probeer maak in lewens en om Sy naam hoog te hou.”

Franco sing al van ‘n jong ouderdom af en het nooit regtig verwag daar sal ‘n kans wees vir hom om die musiekbedryf te betree nie.

“Ek dink as sanger gaan ek meer in die gospel mark beweeg, met ek sal kyk om hier en daar ‘n lekker sokkieliedjie vry te stel.”

Franco is reeds besig om te werk aan nuwe liedjies.

Jesus is King is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Lees Ook: Plaaslike musikant blink uit by Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings

Lees Ook: Franco droom groot oor musiek

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button