Franco droom groot oor musiek

'n Hoogtepunt in die musikant se loopbaan is sy debuutalbum, My Geheim.

“Musiek praat wanneer my woorde begin opraak.”

Dit is die woorde van die opkomende sanger en liedjieskrywer van Boksburg, Franco Van Zyl.

Van Zyl sing al van ‘n jong ouderdom af en het nooit regtig verwag daar sal ‘n kans wees vir hom om die musiekbedryf te betree nie.

“Om te sing was nog altyd my droom. Musiek was nog altyd deel van my. Dit is maar deel van die familie.

“Ek is gewoonlik baie op my senuwees voor ek op die verhoog stap, maar vir my is dit ‘n goeie ding. Ek sal bekommerd raak die dag wanneer ek te seker van myself word.

Ek is eintlik ‘n baie skaam en teruggekrokke mens. Gewoonlik is ek maar iewers in ‘n hoekie, maar op dieselfde tyd is ek ook lief vir mense,” het hy verduidelik.

Die 24-jarige het verduidelik dat daaglikse situasies en mense hom inspireer.

“Tussen die goed en die sleg kom daar altyd n mooi liedjie uit.”

‘n Hoogtepunt in Franco se loopbaan is sy debuutalbum, My Geheim, wat op 30 November uitgereik word.

“Ek is nog nuut in die musiek mark, maar hier waar ek sit is ek nederig en dankbaar.

“Ons het in 2020 aan die album begin werk, maar weens Covid moes ons dit vir ‘n ruk uitgestel het. Hierdie is regtig n droom wat uiteindelik waar geword het en ek sien uit na soveel meer.”

Die musikant het verduidelik My Geheim is op liefde gefokus, maar die belangrikste vir hom is om sy eie persoonlike styl van musiek te kry.

“Ek hoop dat die gehoor dit goed sal ontvang. Ek voel die album het sy eie unieke styl.

“Die doelwit van hierdie album is net om mense te laat hoor wie ek is. Om ‘n gesig agter die stem te sit en om harte te raak.”

My Geheim kom uit die pen van Franco en Vincent Gordon.

Die album gaan beskikbaar wees op alle digitale platforms (Apple Music, Spotify en YouTube).

My grootste droom is om eendag deel te wees van ‘n ‘praise and worship band’ soortgelyk aan We The Kingdom, Jesus Culture en Casting Crowns.

Verder sal hy graag eendag saam met Retief Burger, Heinz Winkler en Juanita du Plessis wil werk.

Interessante feite oor Franco:“Ek is nie ‘n aanhanger van flieks nie. Ek sal veel eerder my oorfone vat en musiek gaan luister.
“Nog n feit oor myself is dat ek vreeslik bang is vir hoogtes,” het hy gesê.

Lees Ook: Gerhard Steyn’s wife shines as a Mrs SA semi-finalist

Lees Ook: Kyk video: Lu-Anél palm die toekennings in

   

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version