Kamer 6 premiere ‘n sukses

Die première van die film Kamer 6 te Spoorloos op 20 Maart het met groot sukses afgeloop.

Kamer 6 kom uit die pen van Benoni-inwoner Jacques du Rand, wat ook geen vreemdeling in Boksburg is nie, en handel oor ’n joernalis, Desmond Moloi (vertolk deur Donovan Pietersen), wat in kamer ses in ’n gastehuis wil bly omdat dat daar ’n spook is. Daar is ook stories dat Moloi se suster daar oorlede is. Elma Postma en Roderick Jaftha is ook in die film te sien.

Du Randt het benadruk dat hy tevrede is met hoe die funksie verloop het.

“Die ontvangs van die film was ongelooflik goed. Daar was handeklap en die mense was vasgenael. ’n Aspirant-skrywer het my ook genader om advies te vra.

Jo-Anne Horn Brouwer en Jacques du Rand by die première. Foto: Verskaf.

“Vervaardiger Gavin Esterhuizen van Dagbreek Films was daar. Ek het vir hom al ’n paar tekste geredigeer en ons beplan ’n TV-reeks saam genaamd Bella.

“André Velts, vervaardiger en regisseur, kon dit ongelukkig nie bywoon nie, ” het hy bygevoeg.

Du Rand het verduidelik sy volgende film, Spoedgrens, is op 20 Maart klaar geskiet en sal later die jaar op FliekNET beskikbaar wees.

“Ek beplan ook om weer twee films die jaar te skryf vir volgende jaar se uitsending van Storiefilms op FliekNET. Ek het ook onlangs op telenovela Arendsvlei begin werk as teksredigeerder.”

Lees Ook: Gear up and show off your filmmaking talents

Lees Ook: Bobby van Jaarsveld skiet film in die Boksburg omgewing

   

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version