EntertainmentLifestyle

KYK: Brendan Peyper bring hulde aan Theuns Jordaan tydens vertoning

Hy het treffers soos Beautiful in Beaufort West, Soos Bloed, Kouevuur, Trouvrou, Klim Jou Everest en Jy Laat Dit Maklik Lyk gesing

Gewilde sanger Brendan Peyper het op 29 November tydens sy vertoning te Pet Masters Boksburg hulde gebring aan geliefde sanger Theuns Jordaan.

Peyper het van Jordaan, wat op 17 November in die ouderdom van 50 sy stryd teen leukemie verloor het, se treffers, soos Beautiful in Beaufort West, Soos Bloed en Kouevuur, gesing.

Verder het hy die gehoor op hulle voete gehad toe hy liedjies soos Trouvrou, Klim Jou Everest en Jy Laat Dit Maklik Lyk gesing het.

Na die vertoning het Peyper se aanhangers die geleentheid gehad om foto’s te neem saam met die man homself.

“Dit was ‘n lekker Sondagmiddag,” het Peyper gesê.

Lees Ook: Brendan Peyper optrede: Spesiale oomblikke vasgevang

Lees Ook: KYK: Brendan Peyper het Live at Wildebeest se gehoor op hul voete

   

Related Articles

Back to top button