Geniet Country Legendes in die gemak van jou sitkamer

Skuif reg op jou gunsteling rusbank en maak gereed vir ‘n aanlynfees van musiek, komedie en drama oor die volgende paar maande wanneer Lefra elke Sondagmiddag in jou sitkamer kuier met heerlike vermaak.

Drie lesers kan toegang wen tot Lefra Produksies se Country Legendes se aanlynvertoning op 29 Augustus om 17:00.

Om deel te neem aan Boksburg Advertiser en Lefra se kompetisie SMS “Boksburg Advertiser”, jou naam en van en dan jou stad of dorp na 43366. Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met Lefra en Boksburg Advertiser country-kompetisie as onderwerp. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.

Lefra se gewilde Country Legendes- en Country Legendes en Vriende-konserte het musiekaanhangers deur die jare vermaak en was jaarliks by Carnival City aangebied onder die leiding van die “big daddy” van Suid-Afrikaanse countrymusiek, Lance James.

Die konsert in Junie van daardie jaar word ook op film vasgelê en verenig die legendes en vriende Lance, JJ Stephens, Jason Bradley, Cheree, Matt Hurter, Barbara Ray, Alan Ladd, Bobby Angel, Tommy Dell en die Rodeo Girls in die grootste country konsert nog.

Maar op 2 Maart 2020 word Lance se stem vir altyd stil. Lefra se Kelderkonserte bring nou hulde aan Lance en die ander groot name van countrymusiek met die uitsending van Country Legendes.

Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za

Lees Ook: Wen kaartjies vir Lefra Produksies se Country Legends Kelderkonsert

Lees Ook: Wen Kaartjies na Lefra Produksies se Beautiful Noise met Alwyn Oberholster

 

Exit mobile version