EntertainmentLifestyle

Wen Kaartjies na Lefra Produksies se Beautiful Noise met Alwyn Oberholster

Skuif reg op jou gunsteling rusbank en maak gereed vir ‘n aanlynfees van musiek, komedie en drama oor die volgende paar maande wanneer Lefra elke Sondagmiddag in jou sitkamer kuier met heerlike vermaak.

Drie lesers kan toegang wen tot Lefra Produsies se volgende aanlyn Kelderkonsert Beautiful Noise met Alwyn Oberholster op 15 Augustus om 17:00.

Om deel te neem aan Boksburg Advertiser en Lefra se kompetisie kan jy die volgende na 43366 SMS: WEN BEAUTIFUL Boksburg Advertiser, dan jou naam en van en dan jou stad of dorp.

Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word na wen@lefra.com met Lefra en Boksburg Advertiser Beautiful-kompetisie as onderwerp. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.

In Beautiful Noise bring Alwyn hulde aan die legendariese Neil Diamond en sal gehore bekende liedjies soos Sweet Caroline, I am, I said, Kentucky Woman en natuurlik Beautiful Noise kan geniet.

Alwyn is gewild en bekend onder gehore vir sy briljante vertolking van die ouer treffers deur sangers soos Billy Joel, Neil Diamond, Allen Jackson, die Staccatos, die Bee Gees en vele meer, maar Neil Diamond bly sy gunsteling.

“Ek is mal oor die musiek van Neil Diamond en ken seker elke liewe liedjies wat hy ooit geskryf het. En my stem pas die Neil Diamond liedjies ook soos ‘n handskoen. Ek probeer nie soos Neil Diamond sing nie – daar is net een Memeer Diamond – so ek gee my eie vertolking aan die liedjies,” sê Alwyn.

Lefra se Kelderkonsertre is elke Sondagmiddag om 17:00. Kaartjies kan by itickets.co.za bespreek word.
Vir meer inligting, besoek www.lefra.com.

Die Lefra Kelderkonserte word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines, Renegades Removals, Ambassador Execudrive, Q2V Productions en Savvy Holdings.

Lees Ook: Wen kaartjies vir Lefra Produksies se Country Legends Kelderkonsert

Lees Ook: Huldeblyk: Vier Gé Korsten se lewe in die gemak van jou sitkamer

   

Related Articles

Back to top button