EntertainmentLifestyle

Sakevroue sluit jaar saam met Die Campbells af

Die Campbells het snitte en ou treffers soos Rooi rok bokkie, The Gambler, Hill Billy Rock en Achy Breaky Heart by die funksie gesing

Die Oosrandse Sakevroue het op 21 November ‘n uitdagende jaar op ‘n hoë noot met ‘n gala ontbyt te Summer Place afgesluit.
Met ‘n driegangontbyt en Die Campbells as gaste kon die sakevroue die jaar in styl groet.
Tydens die funksie, met die tema Keep Country, het die sakevroue teruggekyk na die jaar wat verby is. Lief en leed is gedeel.
Die Campbells het ook nie teleurgestel nie. Die gewilde duo het snitte en ou treffers soos Rooi rok bokkie, The Gambler, Hill Billy Rock en Achy Breaky Heart gesing en die gehoor behoorlik op hul voete gehad.
Gaste het die onvergeetlike ontbyt afgesluit deur die  Jerusalema-dans uit te voer. Alle Covid-19 regulasies is gevolg.

Karen Herbst, voorsitter van die Oosrand Sakevroue, het die funksie as ‘n hoogtepunt beskryf.
“Hierdie was werklik een van die beste funksies wat ons in lang tyd gehad het. Die Campbells weet beslis hoe om mense te vermaak. Soveel mense het die geleentheid ondersteun en ons is baie dankbaar oor die belangstelling,” het Karen verduidelik.
Karen het die bestuur en alle belanghebbendes bedank vir hul harde werk wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.
Sy het bygevoeg dat die Oosrand Sakevroue die gemeenskap ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar toegewens.
“Dit was lekker om vir die sakevroue op te tree en ons het die funksie baie geniet,” het een van die Campbell-broers, Tony, gesê.
Die Sakevroue sal volgende jaar terug wees met ‘n opwindende program.
Om deel te word van die Oosrandse Sakevrou, kontak Karen by karen.herbst@sanlam4u.co.za.

Also Read: East Rand Business Women back on track

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button