EntertainmentLifestyle

Bobby van Jaarsveld skiet film in die Boksburg omgewing

Bobby van Jaarsveld vertolk die hoofrol van die fliek wat in die omgewing van Boksburg verfilm word

Daar was ligte, kameras en aksie toe die Advertiser op die filmstel van Hijacked by ‘n huis in die omgewing van Lakefield en Atlasweg, ingeloer het.

Met die immergewilde Bobby van Jaarsveld wat die hoofrol vertolk en ander akteurs soos Renier Weideman, is hierdie nuwe kortfilm beslis iets wat fliekaanhangers nie sal wil misloop nie.

Die vervaardiger van die film, Shaun Oosthuysen, het verduidelik dat dié Christelike kortfilm die onderwerp van kapings aanraak.

“Kapings is ‘n realiteit in Suid-Afrika en daarom is dit juis nou ‘n goeie tyd om ‘n fliek te vervaardig wat spesifiek handel oor kapings.

“As jy nie hoop het nie, gaan jy hoop hê nadat jy die film gekyk het. As jy dink God is nie lief vir jou nie en sonde het jou geskei van God, gaan jy besef dat God se genade baie groter is as jou eie tekortkominge,” het hy verduidelik

Bobby het genoem dat hy die hoofrol en kapingslagoffer, Jack, vertolk.

“Ek wil nie te veel verklap nie, maar dit is ‘n ongelooflike kortfilm wat handel oor hoop en die besef dat God daar is. Ek dink dit is ‘n baie mooi boodskap. Dit gaan hard slaan, maar dit gaan op die regte plek slaan,” het Bobby vertel.

Die film behoort middel volgende jaar vrygestel te word en gaan by filmfeeste ingeskryf word.

 

Also Read: Geniet Groet die Groetman 2 in die gemak van jou eie huis

Also Read: Sinead Lombard is on her way to hit the big stage in America

 

Related Articles

Back to top button