Huldeblyk: Vier Gé Korsten se lewe in die gemak van jou sitkamer

Sy musikale nalatenskap word op 'n vars manier herinterpreteer deur van die land se voorste kunstenaars

Die legendariese Gé Korsten se lewe, loopbaan en fenomenale talent gaan op 23 Augustus om 5nm gevier word in Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé sing: Hoor my lied!

Dis vanjaar 21 jaar sedert die legendariese stem van Suid-Afrika se eerste ware superster, Gé Korsten, vir altyd stil geword het.In die produksie word oudiovisuele argiefmateriaal teen ‘n reuse skerm geprojekteer om die gehoor ‘n oorsig oor sy werk te gee, asook insigte oor Korsten as kunstenaar, mens en vader te bied.

Sy musikale nalatenskap word op ‘n vars manier herinterpreteer deur van die land se voorste kunstenaars, waaronder Louis Loock, Arina de Witt, Jannie Moolman, die PJ Twins, Taschè van TV se The Voice-faam, Scott Engelbrecht en volle orkes onder leiding van Chanie Jonker.

Gé sing: Hoor my lied! beloof ‘n aand se elegante vermaak geskik vir die hele gesin wat enersyds werk as vermaak, maar andersyds ook die nalatenskap van ons baanbrekers weer in fokus bring. Hierdie produksie is verlede jaar voor ‘n gehoor by die Sun Arena in Pretoria opgeneem en kom digitaal na jou sitkamer as deel van Lefra Produksies se Kelderkonserte.

Kry jou kaartjies vir die ongelooflike teaterervaring nou by www.itickets.co.za

LEES OOK: 

Geniet Pieter Smith in die gemak van jou eie sitkamer

LEES OOK: 

Plaaslike sangeres stel hierdie jaar nuwe Afrikaanse popmusiek album vry

Exit mobile version