EntertainmentKidsLifestyle

Verna Vels se laaste Liewe Heksie-storie binnekort aanlyn

Geniet Liewe Heksie en die Tuindwergie in die gemak van jou sitkamer

Verna Vels se geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar, kruip geslag ná geslag diep in kinderharte.

Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Matewis die kat altyd naby om te help. Maar toe Casper die tuindwerg op ‘n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin is daar drama van begin tot einde.

Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ‘n stoute Gifappeltjie wees?

Die maats moet kom uitvind, want Liewe Heksie en die Tuindwergie is deel van InniBos Digitaal en kan die produksie nou aanlyn gestroom word.

Kaartjies is beskikbaar op Computicket se webwerf (www.computicket.com) teen slegs R50 per huishouding.

Liewe Heksie en die Tuindwergie word met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings aangebied.

Liewe Heksie en die Tuindwergie is die laaste Liewe Heksie-storie wat Verna Vels geskryf het, spesiaal vir Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies.

Frans het sy tande geslyp by die destydse Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) televisie as televisiekameraman. Hy het op heelwat groot produksies gewerk, maar een van sy hoogtepunte was beslis die kamerawerk op die televisiereeks, Liewe Heksie. So het hy vir Verna Vels ontmoet, wat op daardie stadium bestuurder van kinderpogramme was.

Vier talentvolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog. Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat en Koning Rosekrans. Debrè Opperman is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans. Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, ‘n Gifappeltjie en Klein Kwaaitjie.

Bederf die kleinspan – en jouself – deur nou vir hierdie wonderlike produksie te bespreek. Die skakel sal vir 72 uur nadat jy bespreek het aktief wees.

Dis soos Innibos, maar digitaal! Bring die jongspan en kom ontmoet Liewe Heksie, Blommie Kabouter, Kwaaitjie Kabouter en die Tuindwergie in jou sitkamer.

LEES OOK:

Geniet Groet die Grotman 2 in die gemak van jou sitkamer

LEES OOK: 

Vrywilligers vir hipnose aanlyn TV-vertoning gesoek

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button