Live Art Little Theatre Theatre het groot planne vir 2019

Eienaar vir die teater het gesê die grootste fokus vir 2019 is om kultuur aan die Oos-Rand ’n hupstoot te gee

Die Live Art Little Theatre Theatre (LALT) in Beyerspark sorg vir groot opwinding in 2019.

Louw Breytenbach, eienaar van LALT, het verlede jaar sy ervaring in Amerika met die Advertiser gedeel, en vertel met opgewondenheid wat hulle beplan vir die nuwe jaar.

Volgens Breytenbach is dramaklasse nie net meer vir supersterre wat wil beroemd word nie, maar vir elke kind en ouer wat selfvertroue wil kweek om eendag in die werksplek hul plek te kan staan.

“Ons het oor die laaste paar jaar agtergekom hoeveel leerders aan lae selfbeeld ly of nie oor die vaardighede beskik om te kommunikeer nie omdat almal agter ’n selfoon vasgevang is.”

LALT eienaar, Louw Breytenbach, het in Julie verlede jaar nuwe kennis oor drama en teater verkry in die VSA en deel nou sy kennis met die gemeenskap van Boksburg.

“Ons eerste taak vir die jaar is om ons klasse vir almal beskikbaar te maak. Elke kind behoort die kuns en passie van teater te ervaar.”

Hy het gesê LALT is nou ook toeganklik vir rolstoele om sodoende te verseker dat gestremde leerders makliker toegang tot die teater en verhoog het.

“Ons het ook vanjaar uitgebrei met takke in Alberton en maak in Februarie LALT Kaapstad oop. Ons is die eerste van sy soort in die land.”

LALT is ’n teaterskool wat ook spesialiseer daarin om redenaars en spraakvaardighede (public speaking) aan te wakker.

“In Julie maand bied ons ook die tweede jaarlikse Broadway2SA kamp aan. Dit sal ’n musiekteaterkamp wees met twee internasionale lektore asook uitruilstudente van Amerika wat op sang, dans en drama gaan fokus.

“Leerders sal op die kamp leer hoe om hul eie verhoogproduksie aanmekaar te slaan wat ook dan die Vrydagaand voor ’n gehoor opgevoel sal word.”

LEES OOK:

Plans afoot to launch a theatre exchange programme

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

Exit mobile version