Jonk in Afrikaans die regte geleentheid om lekker te dans

Dié nuwe konsep - Jonk in Afrikaans - word deur die organiseerders beskryf as ’n pop-sokkie opskop.

Van Suid-Afrika se beste, jong talent is later vanjaar op pad na Carnival City se Big Top Arena toe.

Maak gereed om te skoffel, heupe te swaai en om ’n lekker Afrikaanse vertoning te geniet.

Jonk in Afrikaans lei nie net die lente in nie, maar ook ’n splinternuwe musiekseisoen vir alle Afrikaanse musiek-liefhebbers.

Visuele effekte en skouspelagtige beligting bied vir oud en jonk ’n smaakvolle en onvergeetlike konsert.

Juan Boucher gaan ook op die verhoog wees.

“Ons het navorsing gedoen, en besef dat die agt kunstenaars wat deel vorm van die Jonk in Afrikaans-konsert baie gewild in die Afrikaanse mark is en ’n groot gevolg op sosiale media het,” vertel een van die organiseerders.

Elvis se seun, Franja du Plessis, Chané Valentine, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Tussen Sterre, Irene-Louise van Wyk en Heidi gaan sing, dans en tot laatnag toe baljaar.

Die idee het ontstaan toe twee jong entrepreneurs, wat gereeld Afrikaanse konserte bywoon, besef het dat daar ’n leemte is vir iets nuut en opwindend vir die jonger generasie.

Dirk van der Westhuizen sal ook by hierdie groot opskop optree.

“Ons is baie opgewonde om hierdie nuwe konsep vir die eerste keer na Carnival City se Big Top Arena toe te bring,” vertel Michelle Smith, die bemarkingsbestuurder van Carnival City.

“Hierdie is definitief nie ’n allerdaagse gebeurtenis nie so ons moedig almal aan om so gou as moontlik hulle kaartjies te bespreek.”

Jonk in Afrikaans word op 20 Oktober by die Big Top Arena, Carnival City gehou.

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

Exit mobile version