EntertainmentLifestyle

Opsoek na Fiela se nuwe kind

Lefra Produksies is op soek na ’n nuwe Benjamin vir die 2018 verhoog vertoning van Fiela se Kind.

Vian Singleton wat verlede jaar die rol van Benjamin/Lukas (Fiela se optelkind) gespeel het, het die afgelope jaar baie gegroei en uiteindelik die FIELA-bad ontgroei.

Regisseur Frans Swart sê dat Vian ’n uitstekende vertolking van die rol van Benjamin/Lukas gedoen het.

“Ons is hartseer om van hom afskeid te neem, maar skielik pas die lummel van ’n seun nie meer mooi lekker in Fiela se bad nie.

“Dis ongelukkig so ’n ikoniese toneel, dat ons ’n kleiner seuntjie sal moet kry.

“Vian en Phillru van Achterbergh, wat die groot Benjamin speel, het ook baie goed teenoor mekaar gespeel.

“Inteendeel, lyk hulle op ’n haar na mekaar.

“Vian het ook onlangs Broadway World se toekenning gewen as Beste Ondersteunende Akteur vir 2017.

“So, die soektog is aan om die volgende Benjamin te vind!” sê Swart.

Oudisies word tans gedoen vir die jonger Benjamin/Lukas.

Dit moet ’n blanke seun tussen 10 en vier jaar wees en verkieslik klein gebou.

Die seun moet bruin hare hê.

Indien hy nie bruin hare het nie, moet hy bereid wees dat sy hare bruin gekleur word.

Drama ondervinding en opleiding is ’n pluspunt, maar nie ’n vereiste nie.

Daar sal ook oudisies gehou word vir Willem, seun van Barta en Elias, vir 12 tot 17 jaar.

Hy bly in die bos en is seningrig en fris, want hy werk baie by die bome.

Belangstellendes kan CVs en ’n onlangse foto epos aan admin@lefra.com en wees duidelik vir watter rol ’n oudisie afgelê wil word.

Vir meer inligting skakel Charl Senekal by 011 815 3000 of stuur ’n e-pos aan info@lefra.com

Related Articles

Back to top button