EntertainmentLifestyle

VIDEOS: Bobby, Franja betoor die gehoor in Boksburg

Aanhangers van Bobby van Jaarsveld en Franja du Plessis het hul dansskoene afgestof en hope energie geberg vir dié twee geliefde Afrikaanse sangers se optrede, Vrydagaand (November 4).

Ondersteuners het ongeveer 2 000 sitplekke volgesit om deel te wees van hierdie geleentheid by die Woord en Lewe Auditorium, in Sunward Park.

Hierdie vertoning is gereël deur Armandi Events – dieselfde maatskappy wat verantwoordelik was vir die suksesvolle optrede van Brendan Peyper by dieselfde kerk, in Augustus.

Anro Ras en Romandie Schnepel, eienaars van Armandi Events, is saam ’n gedigte span wat nog ’n geslaagde vertoning tot gevolg gehad het.

Anro het agter die skerms gewerk en Romandie, geklee in pragtige rokke van Anel Botha Couture, het as seremoniemeester opgetree.

 

Ná die verwelkoming het Ruan Josh die gehoor aan die gang gekry met bekende Afrikaanse en country musiek.

Franja het net ná hom met haar optrede begin.

Sy het liedjies gesing vanaf haar nuwe album, My Verhaal, en het afgesluit met ’n liedjie saam met Ruan (haar broer), genaamd Kaalvoetkind.

46 BA GEN BOBBY ID5 (Medium)

Die gehoor was mal oor haar en het sonder skroom saam met hierdie nuweling in die Afrikaanse musiekbedryf gesing en dans.

In ’n Facebook-inskrywing (7 November) het Franja geskryf: “Vrydagaand was regtig een van my lekkerste shows nog!”.

 

Na ’n lang afwagting het Bobby uiteindelik op die verhoog verskyn.

Jonk en oud het van sy gewildste treffers saam met hom gesing en wat is ’n van Jaarsveld optrede sonder sy ou-gewilde Spieëltjie?

Net soos met Franja, het die jong aanhangers in alle opgewondenheid hul plek reg voor die verhoog ingeneem.

46 BA GEN BOBBY ID3 (Medium)
Nuweling in die Afrikaanse musiekbedryf, Franja du Plessis. Sy het voor Bobby opgetree.

Dansers van Sweat Dance Company het die gehoor vermaak terwyl Bobby en Franja gesing het.

’n Hartroerende oomblik het aangebreek toe ’n paar minute spesiaal aan Marilyn Vosloo opgedra is.

Op 27 weke is sy gebore (6 Julie) met onontwikkelde longe en ’n gaatjie in haar hart.

Marilyn is wonderbaarlik genees van albei hierdie simptome, maar het begin water ontwikkel in haar koppie.

Ná baie toetse het die dokters bevestig dat haar brein nooit ontwikkel het nie en sy benodig dus ’n stent.

46 BA GEN BOBBY ID7 (Medium)
Bobby (heel regs) sing sy liedjie Yeshua vir kleine Marilyn Vosloo wat op 27 weke gebore is. Op die verhoog is (van links): Anro Ras (eienaar van Armandi Events), Norman en Berti Vosloo (Marilyn se ouers), met Marilyn in haar mamma se arms, en Romandie Schnepel (eienaar van Armandi Events) wat vir Berti omhels en vertroosting bring.

Bobby het vir Marilyn gebid en hierdie kleine lyfie aan die Here opgedra. Daarna het hy sy liedjie, Yeshua, vir haar gesing.

Die gehoor het hul harte en beursies vir Marilyn oopgemaak en ongeveer R20 000 is daardie aand ingesamel, wat kan bydra tot haar mediese koste.

Aan die einde van die aand het aanhangers die geleentheid gehad om Franja en Bobby se albums te koop en ’n foto saam met hulle te neem.

Vir baie was dit beslis ’n aand vir die boeke!

Armandi Events bedank Armand Matthysen, hoof uitvoerende beampte van Savvy Adds, wat die aand help moontlik maak het.

Volg Armandi Events op Instagram en Facebook om op hoogte te bly met die volgende vertonings.

Volgende op Armandi Events se kalender: Karlien van Jaarsveld toer na Mauritius in September 2017.

Besprekings is tans oop. Stuur ’n e-pos aan karlien@armandi.co.za vir meer inligting.

Bobby van Jaarsveld, saam met Romandie Schnepel van Armandi Events.
Bobby van Jaarsveld, saam met Romandie Schnepel van Armandi Events.

GALLERY:

Was jy by die vertoning? Kyk hier of jy jouself sien:

Bobby en Franja verskaf pret en genot in Boksburg

Related Articles

Back to top button