EntertainmentLifestyle

Boksburg se eie Nastassja ‘n ster in My Father’s War

Nastassja Jooste, getoë in Boksburg, is te sien in die tweetalige drama, My Father’s War wat nou in bioskope draai.

Sy het op Laerskool Westwood en Hoërskool Goudrif skoolgegaan en het eers onlangs (in April) vanaf Boksburg na Centurion verhuis.

Jooste beskryf haar kinderjare in Boksburg as ”gelukkig” en bieg dat sy van haar beste jare in Boksburg deurgebring het.

“Dit was veilig. Die mense is vriendelik en alles wat mens nodig het, is daar,” het sy gesê.

“Dit is ’n klein dorp met baie opwinding. My vriende en hulle ouers was soos familie.”

Verder beskryf Jooste Boksburg as ”’n huis vir almal”.

“Enige iemand is welkom en almal pas in – ons leef in harmonie.”

Sy het haar Nasionale Graad in Musiekteater in 2013 aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie voltooi.

Ná skool het sy ook Method-toneelspel, sowel as moderne dans, klopdans (tap dancing), hip hop, ballet en jazz studeer.

Wanneer Jooste nie toneel speel nie, funksioneer sy agter die skerms.

Sy is een van die vervaardigers en akteurs in die satiriese komedie, Welkom in Suid-Afrika, wat vanjaar by Aardklop opgevoer word.

Nastassja Jooste het grootgeword in Boksburg en verskyn binnekort in haar eeste hooffilm, My Father's War.
Nastassja Jooste het grootgeword in Boksburg en verskyn binnekort in haar eerste hooffilm, My Father’s War.

By dieselfde kunstefees tree Jooste ook op saam met Anna Davel, in ’n kinderteaterstuk, Die Land van Kammalielie.

In My Father’s War, wat op Vrydag, 5 Augustus, landwyd vrygestel word, vertolk Jooste die rol van Erica – die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt) se meisie.

Hierdie tweetalige drama is ’n unieke nuwe Suid-Afrikaanse film wat fokus op die gebroke verhouding tussen ’n pa en sy rebelse tienerseun.

Die rolprent speel in 2003 af en Dap baklei aanhoudend met sy pa, Dawid (Stian Bam), ’n veteraan van die Grensoorlog.

Die film word Vrydag, 5 Augustus, landwyd in filmteaters vrygestel.
Die film word Vrydag, 5 Augustus, landwyd in filmteaters vrygestel.

Die mans stem oor niks saam nie en daar is klaarblyklik geen hoop op versoening tussen hulle nie.

Boonop is Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels), in die middel van hul epiese worsteling vasgevang.

Dan kry Dap ’n reeks drome waarin hy ’n gevegsoldaat tydens die Grensoorlog in die 1980s is.

Daar ontmoet hy sy pa op sy ouderdom en hierdie drome verander Dap se persepsie – en lewe – heeltemal. Daar is nie terugkeer nie. Maar wat is die pad vorentoe?

Jooste vertel dat sy dit baie geniet het om te leer viool speel vir haar rol as Erica.

Dit was ook ongetwyfeld die grootste uitdaging, omdat sy net twee weke gehad het om die instrument te leer ken.

“Dit was nogal scary om voor al die mense op stel te speel,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat een van haar vriendinne grimering gedoen het vir die film “en dit was so gerusstellend om iemand daar te hê wat ek ken”.

“Omdat dit my eerste keer in ’n feature film was, was dit baie skrikwekkend, maar die crew en cast het my tuis en gemaklik laat voel,” het sy vertel.

“Dit was ook vir my ’n voorreg om saam met Edwin van der Walt te kon werk; ek het baie by hom geleer.”

Haar loopbaan droom is om in ’n Broadway musiekblyspel te speel wat plaaslik vervaardig word en op toer gaan reg oor die wêreld.

Jooste streef daarna om ’n regisseur en vervaardiger van oorspronklike, eerlike en kreatiewe Suid-Afrikaanse werke te word.

“Ek glo dat harde werk die sleutel is wat die deur tot sukses oopsluit – ’n oortuiging wat God in my geplaas het en wat my liefdevolle ouers altyd vir my geleer het,” het sy gesê.

Waarom sal jy persone aanbeveel om My Father’s War te gaan kyk?

“Dis ’n pragtige storie oor versoening,” het Jooste gesê.

“Deur na hierdie film te kyk dink ek mense kan regtig ’n beter understanding kry van waar deur so baie mans, pa’s, broers en seuns op ons land se grense is.”

“Die kwaliteit van die film is ook finominaal en die toneelspel is eerlik.”

Kyk die lokprent hier:

Sosiale media skakels:

Facebook: My Fathers War

Twitter: @myfatherswar (#TheTruthWillSetYouFree of #DieWaarheidSalJouVryMaak)

Instagram: Myfatherswar

Website: www.myfatherswar.co.za

 

Related Articles

Back to top button