EntertainmentLifestyle

Van Coke, Zoid gaan betoor by Carnival

Francois van Coke en Karen Zoid bring Toe Vind Ek Jou na Carnival City.

Hierdie eksklusiewe vertoning word op 8 Julie deur Lefra Produksies aangebied, in die Big Top Arena.

In April 2015 het Francois van Coke en Karen Zoid seker een van die mooiste ballade van alle tye vrygestel – Toe Vind Ek Jou.

Die liedjie het almal reg oor die land begeester en het verskeie ligte aangeskakel in die donker. Dit is vanjaar by die Ghoema Toekennings aangewys as die gewildste liedjie van die jaar.

Toe Vind Ek Jou het die eerste Afrikaanse vrystelling in Suid-Afrikaanse geskiedenis geword om die nommer een posisie op kommersiële radio in die land te beklee.

Weens publieke aanvraag het hierdie twee legendariese kunstenaars besluit om bymekaar te kom vir ’n vol lengte, warmbloedige ruk en rol produksie.

Related Articles

Back to top button