Klipkoppiefees – ‘n bekostigbare familiefees

DIE organiseerders van Klipkoppiefees is ten volle bewus van die huidige ekonomiese toestande wat almal beleef. Juis daarom het die organiseerders besluit om vanjaar se Klipkoppiefees so bekostigbaar as moontlik te maak.

DIE organiseerders van Klipkoppiefees is ten volle bewus van die huidige ekonomiese toestande wat almal beleef. Juis daarom het die organiseerders besluit om vanjaar se Klipkoppiefees so bekostigbaar as moontlik te maak. Klem word veral daarop gelê om plaaslike gemeenskapsbetrokkenheid en -bywoning te verhoog, hetsy as feesganger, uitstaller of diensverskaffer.

Toeganspryse is dan ook afwaarts aangepas en is as volg:

Vrydag 27 Mei

R70 per persoon en kinders onder 12 gratis

Saterdag 28 Mei

R100 per persoon en kinders onder 12 gratis

Sondag 29 Mei (Gospelfees)

R50 per persoon en kinders onder 12 gratis.

Top vermaak:

Hoofkunstenaars vir Vrydag 27 Mei is Francois van Coke en Brendan Peyper, terwyl Pieter Koen en Theuns Jordaan onder andere op Saterdag 28 Mei optree. Meer oor die kunstenaars in ’n volgende uitgawe.

Op Saterdag 28 Mei om 07:00 vind die CPS Klipkoppiefees bergfietswedren plaas. Daar is ’n keuse van twee afstande beskikbaar. Eerstens is daar ’n 6km pretrit wat op die Meyerplaas self plaasvind en wat nie te tegnies is nie. Daar is ook ’n 16km roete wat plaasvind op beide die Meyerplaas sowel as die Meyersdal Eco Estate. Hierdie is ’n meer tegniese roete en word nie aanbeveel vir beginners nie.

Twee koste opsies is beskikbaar vir die bergfietswedren: R70 per ryer vir die roete alleen of R150 per ryer wat ook dan ’n Klipkoppiefees toegangskaartjie vir een persoon insluit. Medaljes vir die eerste 200 deelnemers wat die roete voltooi. Vir meer inligting en inskrywings besoek www.klipkoppiefees.co.za

Saterdag sien ook die jaarlikse Christelike Maatskaplike Raad (CMR) pretloop om 07:30 as deel van die Klipkoppiefees. Kostes beloop R50 per persoon vir die 5km pretloop. Vir meer inligting en inskrywings besoek gerus die fees se webblad.

Vir die 4×4 liefhebbers:

Die 4×4 skattejag vind ook plaas op Saterdag 28 Mei. Eerste voertuie vertrek om 09:00 op hierdie vier-uur lange rit wat jou weereens deur dele van die Meyerplaas neem wat nie normaalweg vir die 4×4 gemeenskap beskikbaar is nie.

Kostes vir die 4×4 skattejag beloop R250 per voertuig, ’n bedrag wat ook onveranderd is. Normale toegangsfooie per persoon geld egter.

Daar is ook nog ’n 4×4 hindernisbaan bekikbaar teen ’n nominale koste, aangebied deur Ironman South.

Vir die eerste keer sal persone wat nie toegang het tot ’n 4×4 voertuig nie, die geleentheid gegun word om die Meyerplaas vanuit ’n 4×4 voertuig te besigtig. Dit sal bekend staan as “Buy a Ride”.

Iets vir almal:

’n Welkome toevoeging tot die kosstalletjies is tradisionele bazaar stalletjies. Dit sal tot gevolg hê dat daar ’n groter verskeidenheid smulgoed beskikbaar is teen bekostigbaarder pryse.

Die organiseerders het uit hul pad gegaan om ’n bekostigbare fees aan te bied. Kom ondersteun hulle en weet dat jy deel is van ’n fees wat opheffingswerk in die gemeenskap nastreef.

Vir verdere inligting, inskrywings, toegangspryse en kaartjieverkope, besoek gerus die Klipkoppiefees op Facebook en Twitter of op hul webblad.

Exit mobile version