Vang die Leeuloop-meester in aksie by die Barnyard

Robbie Wessels is ’n kunstenaar eie in sy soort.

Hy kan jou laat lê van die lag, maar ook diep laat dink.

’n Grapjas is hy beslis, maar dis sy ander sielvolle kant wat hom oor die jare ’n groot gunsteling onder Afrikaanse musiekaanhangers gemaak het.

Oorspronklik, humoristies en diep is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se liedjies die beste beskryf kan word.

Hy het deur die jare gewys dat hy al die kante van die lewe kan beskryf en met sy nuwe album, Als Wat Ek Het, is dit ook nie anders nie.

Wessels het al telkemale sy verskyning op televisie gemaak in Poena is Koning, ’n Saak van geloof en As jy sing.

Hy het in 2006 bekendheid verwerf met sy gewilde Afrikaanse treffer, Leeuloop, en het sedertien vyf albums uitgereik.

Robbie Wessels tree op 4 September, by die Barnyard Theatre in Emperors Palace op. Kaartjies beloop R150 per persoon en is by die teater beskikbaar.

Die vertoning begin om 8nm.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version