Aspoestertjie belowe om te betower

Aspoestertjie: ’n Splinternuwe Afrikaanse Pantomime word tot 31 Mei by Emperors Palace opgevoer.

Te sien in dié produksie is die beeldskone Karlien van Jaarsveld in die rol van Aspoestertjie, Izak Davel as die Prins en die pittige Soli Philander as die Verteller.

Vervaardig deur dieselfde talentvolle produksiespan wat vir die blitsverkopers Ester en Liefling verantwoordelik was, beloof hierdie skaterlag musiekspel om nog ’n hoogtepunt van Afrikaanse teater te wees.

Die romantiese komedie is aangepas om nuanses te inkorporeer, terwyl kinders betower sal word deur fantastiese kostuums, danse en sang.

Bring die hele gesin en reis saam deur hierdie tydlose feeverhaal met ’n betowerende einde.

Exit mobile version