CompetitionsEntertainmentLifestyle

Wen ’n geskenkpak van verskillende Afrikaanse albums

In samewerking met Starburst Promotions gee die Advertiser aan twee lesers die geleentheid om ’n geskenkpak van vier verskillende Afrikaanse albums te wen.

Die geskenkpak sluit ’n album in van Pieter Koen (Wat die hart van vol is), PJ Cruz (Te goed om waar te wees), Jorine (Boerseun) en Sharoney (In ons faitytale).

* Pieter Koen se album was vir ’n SAMA 2015 benoem. Sy album is gedurende 2014 vrygestel deur Hit Factory Records en gaan steeds van krag tot krag.

* Te goed om waar te wees is Cruz se nasionale debuut-album en dwing beslis respek af.

* Jorine Rich het onder Heinz Winckler se ongelooflike leiding haar pop rock debuut album, Boerseun, by Studio Cha in Pretoria, gedurende 2014 voltooi.

* Sharoney se debuut album, In ons fairytale, is aan die einde van 2014 met groot opgewondenheid uitgereik en was benoem vir twee Ghoema 2015 toekennings – nuweling van die jaar en beste pop album deur ’n vroulike kunstenaar.

Twee gelukkige Afrikaanse musiek liefhebbers staan die kans om hierdie opwindende geskenkpak te wen.

Om ’n kans te staan om te wen, SMS die woord “Afrikaans”, gevolg deur jou naam, na 35718.

Die kompetisie sluit op 15 Mei om 12-middag.

SMSe kos R1.50.

Related Articles

Back to top button