EntertainmentLifestyle

Maak reg vir Afrikaanse Musiekfees 13!

Kry jou singstem reg, want die Afrikaanse Musiekfees 13 sal vanjaar op Saterdag, 4 September, plaasvind.

Tydlose gunstelinge en vars nuwelinge groet die winter en verwelkom die lente op skouspelagtige wyse in die Big Top Arena by Carnival City, tydens Gauteng se oorspronklike Afrikaanse Musiekfees.

Vanjaar bied die fees 13 sangers soos Bobby van Jaarsveld, Bianca le Grange, Jak de Priester, Jannie Moolman, DJ Ossewa, Lance James, Arina de Witt, Rommel Jones, Alwyn Oberholster, Elizma Theron, Carly Bailey en Marlise Scheepers aan.

Dié is die topkunstenaars, wat op een verhoog te siene gaan wees, saam met die skreeunsaakse Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen as aanbieders.

“Met die Afrikaanse Musiekfees 13 hou ons ons vinger op die pols van kontemporêre Afrikaanse musiek, waar die lyne tussen die verskillende genres so effens gelig word, en die resultaat is ’n eklektiese een, met iets vir elkeen se musieksmaak.

“Ons probeer om ’n totale spektrum van kunstenaars aan ons gehore te bied – van meer gevestigde kunstenaars tot splinternuwe opwindende jong kunstenaars,” Frans Swart, vervaardiger van die Afrikaanse musiekfees gesê.

Related Articles

Back to top button