EntertainmentLifestyle

Oudisies vir nuwe verhoogstuk

Staan ’n kans om deel te wees van die legendariese produksie My Boetie Se Sussie Se Ou.

Dit is natuurlik die opvolg van My Vrou Se Man Se Vrou van regisseur Frans Swart.

Die storie behels die tiepiese liefdes driehoek waar John Smith ’n seun by die een vrou en ’n dogter by die ander vrou het. John Smith se seun en dogter raak verlief opmekaar, en hy as pa moet alles in sy vermoë doen om hulle uit mekaar te hou.

Lefra Produksies bied dus oudisies aan om die volgende rolle vol te maak met enige iemand wat belangstel in die produksie op Januarie 16 en 17, vir die volgende karakters:

· Barbara Smith (30-40 jarige vrou)

· Mary Smith (30-40 jarige vrou)

· John Smith (30-40 jarige man)

· Stanley Gardner (40-50 jarige man)

· Stanley se Pa (65-75 jarige man)

Oudisies word ook vir twee jong spelers gehou:

· Gavin Smith (16-21 jarige seun)

· Vicky Smith (16-21 jarige dogter)

Indien spelers nog skoolgaande is, moet hulle en hul ouers bereid wees dat hulle gedurende skooltye toer.

Om vir die oudisies genooi te word, moet kandidate ’n volledige CV met rolle vertolk en ’n onlangse foto e-pos aan admin@lefra.com Dit kan ook gefaks word aan 011 362 5233. Meer inligting is beskikbaar van Charl Senekal by 011 815 3000.

Related Articles

Back to top button