School sport

Sonika is ‘n ster op die netbalbaan

Die skool glo dat Sonika 'n blink toekoms in netbal het.

Laerskool Concordia se hoofdogter, Sonika Weingartz, het Gauteng se o13 netbalspan gehelp om met ‘n eerste plek weg te stap tydens die South African Schools Netball All Ages kompetisie wat onlangs by Hoërskool Dr EG Jansen uitgespook is.

Dié kranige hulpdoel is al van kindsbeen passievol oor netbal.

“Ek het baie hard geoefen om te kom waar ek nou is en ek is tevrede met wat ek bereik het.”

Sy kyk op na Alyssa Trahms, die netbalspeler en voormalige hoofdogter van Hoërskool Dr EG Jansen.

“Alyssa is vir my ’n inspirasie en sy het besonders goed gespeel,” het sy gesê.

Haar droom is om eendag die groen-en-goud oor haar kop te trek en vir die nasionale span uit te draf.

“My sleutel tot sukses is om nooit op te gee nie en om aan te hou druk vir goeie resultate.”

Sonika spreek haar dank uit teenoor haar ouers vir hul ondersteuning.

Yolanda Blignaut, Sonika se afrigter by Concordia vir die afgelope drie jaar, is trots op haar prestasies.

“Sonika gee altyd haar alles op die netbalbaan. Sy is een van daardie leerders wat daarna streef om uit te blink in alles wat sy aanpak.

“Sy is ‘n goed-gemanierde, nederige jong dame wat ‘n blink toekoms in netbal het.”

Sonika vaar ook goed in haar akademiese en kulturele aktiwiteite.

Lees Ook: Skenk weer bloed by Laerskool Concordia

Lees Ook: Laerskool Concordia red steeds lewens met bloedskenk-projek

   

Related Articles

Back to top button