Sport

Janrico se passie vir sport spoel oor na potspel

Die atleet het gesê hy hou van potspel omdat dit ‘n lekker spel is en dit jou die geleentheid gee om mense te ontmoet.

Janrico Schlebusch, ‘n talentvolle atleet uit Boksburg-Noord, bewys dat sy passie vir sport nie beperk is tot rugby en sokker nie, maar ook die wêreld van potspel ontsluit.

Schlebusch het sowat sewe jaar begin om potspel te speel om tyd saam met sy vriend deur te bring.

Die talentvolle speler het oor die jare verbeter en is onlangs gekies as die kaptein vir die Eastern Gauteng Pool Association (EGPA) B1 wat aan die Suid-Afrikaanse potspelkampioenskappe in Belville gaan deelneem vanaf 29 September tot 5 Oktober.

Hierdie prestasie is ‘n hoogtepunt in sy potspel loopbaan.

Schlebusch het gesê hy hou van potspel omdat dit ‘n lekker spel is en dit jou die geleentheid gee om mense te ontmoet.

“Enige sport is my passie, soos rugby en sokker. As ek iets doen wil ek ‘n voorbeeld wees. Ek sien myself as toegewyd en hardwerkend. Dit is vir my belangrik om daarna te streef om verder the kom,“ het Schlebusch, ‘n bestuurder by African Pride wat met eksotiese diere werk, gesê.

Sy doelwit is om deel te ward van EGPA se A-span.

Wat het jy nodig om potspel te speel?

“Maak net seker jy sluit aan by die regte plek/klub. In baie gevalle het jy ook jou die toerusting soos ‘n potspel stok en kryt nodig.”
Sy raad aan aspirant spelers: “Jy moet steeds pret hê. Almal kan wen en almal kan verloor. Bly nederig en luister na jou seniors.”

Met sy passie en toewyding, is dit duidelik dat Janrico nog groot hoogtes gaan bereik.

Lees Ook: Locals off to Cape Town for pool champs

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button