Sport

Slap fighting nie barbaars nie – ‘Looselaw’

'Looselaw' sal altyd betrokke bly by slap fighting.

Een ding is vir seker: Beyers Park se Johan ‘Looselaw’ van Vuuren weet hoe hom ‘n klap uit te deel.

Die 36-jarige slap fighter het met die Boksburg Advertiser gesels oor gevare wat met dié sport gepaardgaan.

Van Vuuren het gesê slap fighting kan wel gevaarlik wees.

“In my eerste slap fight-geveg het ek my opponent se kakebeen op twee plekke gebreek. Gelukkig in die drie jaar wat ek slap fighting doen is my kakebeen nog nooit gebreek nie.

“Ek het wel in een geveg gevoel hoe slaat my brein my kop en ek het net wit gesien.

“Daar is seker ook langtermyn gevolge soos breinskade as dit kom by slap fighting. Daarom voel ek jy moet bereik wat jy wil bereik en dan ophou. Ek gaan ook nie meer vir te lank slap fight nie, maar ek sal altyd betrokke bly by die sport. Ek voel die sport is nie so gevaarlik soos boks en gemengde gevegkuns nie.

“Daar is ook mense wat sê slap fighting is barbaars, maar slap fighters is van die gaafste mense,” het Van Vuuren gesê, wie se rekord 2-1-2 is.

Van Vuuren sê daar is paramedici tydens hierdie gevegte as ‘n voorsorgmaatreël.

“Die slap fighters moet ook vooraf mediese toetse, soos bloeddruk, ondergaan. Hulle sal ook die geveg onmiddelik stop as dit net lyk of een hulle harsingskudding het.”

Dié voormalige leerder van Hoërskool Dr EG Jansen het verduidelik dit is belangrik om goed voor te berei vir ‘n klapgeveg.

“Dit is nie net klap nie, daar is ‘n tegniek en reëls.”

Hy oefen by Eastside Boxing and Fitness Gym en werk aan sy nek, kakebeen en buigsaamheid. Joe Adams rig hom af.

Vir Van Vuuren is slap fighting baie lekker.

“Ek hou daarvan om ‘n klap te vat en te toets hoe hard jy ‘n ou kan terugklap,” het hy gesê.

Sy droom is om in ‘n klapgeveg in Las Vegas te gaan deelneem.

As hy nie mense klap nie, speel hy rugby en hy hengel.

Daar is nog nie meer inligting bekend oor sy volgende geveg nie.

Lees Ook: ‘Looselaw’ has eyes set on winning Tikbox 3 bout

Lees Ook:‘Looselaw’ ready for Tikbox bout

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button