ERU verloor net-net teen Heidelberg

East Rand United gaan VUT aanpak in sy volgende wedstryd in Vanderbijlpark op 20 Julie.

Dit was weer amper, maar nie stampter vir East Rand United (ERU) toe hulle 28-22  onlangs verloor het op hul tuisveld in ‘n Valke Merlinliga teen Heidelberg.

ERU het die eerste helfde van die wedstryd gedomineer en 15-7 teen halftyd voorgeloop.

Die besoekers het egter teruggeveg en in die net voor die einde van die wedstryd ‘n drie gedruk om die wa deur die drif te trek.

Hierdie wedstryd kom na die klub se 20-15 oorwinning oor Heidelberg in Reiger Park op 6 April in ‘n Presidentsliga wedtryd.

Na die nederlaag het Llewellyn Wingson, die klub se operasionele bestuurder, het gesê hulle sal aanhou hard werk.

“Dit is ‘n jong span en hulle sal nog ervaring opdoen en verberter,” het Wingson bygevoeg.

ERU se losskakel Chezlin Oosthuizen het twee drieë gedruk,waarvan hy een verdoel het.

Mawande Noxhange (regtervleuel) het ook een keer agter die doellyn gaan kuier, terwyl Sphephelo Mtshali vyf punte met sy skopskoen bygedra het.

Wingson het bygevoeg dat die klub steeds sukkel met finansies en dat hulle borge benodig.

Enigiemand wat die klub wil ondersteun kan vir Jimmy Davids by 082 343 4257 kontak.

Lees Ook: East Rand United veg verbete teen Springs

Lees Ook: East Rand United beat Boksburg in nail-biting game

   

Exit mobile version