East Rand United te goed vir Sasolburg

East Rand United gaan die Benoni Northerns Rugbyklub aanpak in sy volgende wedstryd op 29 Junie in Benoni.

East Rand United het 24-22 teen Sasolburg Cobras in ‘n Valke Merlin Liga wedstryd in Reiger Park op 22 Junie geseëvier.

Volgens die klub se operasionele bestuurder, Llewellyn Wingson, het die tuisspan gesukkel om hulle voete in die eerste helfte te vind.

“Die halftyd-telling was 17-7 in Sasolburg se guns. Ons het ‘n jong span op die veld gehad, en hulle het eers in die tweede helfte beter begin speel,” het Wingson vertel.

Wingson het sy trots uitgespreek oor die manne van Reiger Park se vertoning.

“Daar is ‘n opwaartse kurwe in die klub se vertoning. Ons kan sien dat die spelers vir mekaar speel en die afrigters doen ‘n goeie werk. Ek is positief oor die res van die seisoen,” het hy gesê.

Wingson het bygevoeg dat die klub steeds sukkel met finansies en dat hulle borge benodig.

Enigiemand wat die klub wil ondersteun kan vir Jimmy Davids kontak by 082 343 4257.

Also Read:East Rand United veg verbete teen Springs

Also Read: East Rand United beat Boksburg in nail-biting game

   

Exit mobile version