Sport

Boksburg Rugby se spelers gekies vir Valke 7’s

Die klub is trots op die spelers se prestasies.

Boksburg Rugbyklub spog met nege spelers wat onlangs gekies is vir die Valke Sewes span.

Hulle is Danie ‘Spider’ Schultz, Andries ‘Dries’ van der Merwe, Wandre Storm, Hendrik ‘Henco’ Storm, Solomon ‘Spice’ Lemmotlo, Ruan Henning, Elvis Brandt, Herbert Boyce en Caltino ‘Tino’ Jontes.

Een die klub se eerste span afrigters, Joff Jacobs, het sy trots uitgespreek oor die spelers wat verkies is.

“Baie van die spelers van die Boksburg Rugbyklub speel provinsiaal. Elke seisoen wat ek afgerig het, het ons spelers gehad wat in die Currie Cup of Gold Cup speel.”

Lees Ook: Oosie-rugbyspelers verkies tot provinsiale span

Lees Ook: Boksburg afrigters is in SA Rugby Legends span

   

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button