Sport

Plaaslike stoeiers geluk gewens met uitstekende prestasies

Die stoeiers het Ekurhuleni verteenwoordig by die SA Jeugkampioenskappe.

Jacques Meyer, president van Ekurhuleni Stoei Vereeninging, het onlangs die Boksburg Amateur Stoeiklub besoek om die stoeiers geluk te wens met hul uitmuntende prestasies by die onlangse SA Jeugkampioenskappe in Pretoria.

Meyer het aan die stoeiers vertel dat hy trots is op die stoeiers se uitslae.

“Van my en Ekurhuleni se kant sê ek dankie vir al julle harde werk. Daardie medalje om jou nek wys wat jy ingesit het.”

Die uitslae is soos volg:
o10 Vrystyl
Vierde: Marchant Botha

o13 Vrystyl
Eerste: Kadin Botha

o9 Vrystyl
Eerste: Ruben van Rooyen

o11 Vrystyl
Derde: Shaedon Krüger

o15 Vrystyl
Derde: Leem Claassen

o15 Vrystyl (71kg)
Derde: Luan Clark

o13 Vrystyl (38kg)
Vyfde: Michiel Botha

o15 Vryslyl (80kg)
Derde: Aljay Olivier.

Also Read: Boksburg Stoeiklub spog met nuwe voorsitter

Also Read: Nog medaljes vir Boksburg Stoeiklub

   

Related Articles

 
Back to top button