Sport

Boksburg afrigters is in SA Rugby Legends span

off en Reg rig al lank saam af en het ook saam in die Curriebeker gespeel.

Boksburg Rugbyklub is trots op twee van sy eerstespan afrigters wat onlangs die SA Rugby Legends verteenwoordig het teen Sishen Old Boys op die Sivos Sports Grounds.

Hulle is Joff Jacobs (41) en Reg Muller (37). Joff en Reg rig al lank saam af en het ook saam in die Curriebeker gespeel.

Die afrigters het gesê dit is altyd ‘n eer om vir die SA Rugby Legends te speel.

“Nie baie spelers kry die geleentheid om verkies te word tot hierde span nie. Dit is altyd ‘n wonderlike ervarving om vir hulle te speel. Dit is iets wat ons altyd sal onthou,” het Jacobs gesê.

Dit was vir die afrigters ‘n eer om saam met Springbok legende Dick Muir te werk.

Hierdie was Jacobs se eerste keer wat hy verkies is tot die SA Rugby Legends span terwyl Muller al sedert 2021 goeie rugby vir hulle speel.

Muller het begin rugby speel toe hy 19 was en Jacobs sedert hy omtrent sewe jaar oud was.

Also Read: March Solve-it-Squad competition winner

Also Read: Oops, sorry about the Solve it Squad puzzle

   

 

Related Articles

Back to top button