Sport

Vroulike stoeiafrigter maak haar merk

Esta van Zyl, een van die senior afrigters by die Boksburg Amateur Stoeiklub, moes as vrou harder werk om te bewys dat sy deel van dié sport kan wees. Sy het haar nie laat onderkry nie en het sukses bereik. Die Boksburg Advertiser het met haar gesels aangesien Vrouemaand in Augustus gevier word. Vandag is …

Esta van Zyl, een van die senior afrigters by die Boksburg Amateur Stoeiklub, moes as vrou harder werk om te bewys dat sy deel van dié sport kan wees. Sy het haar nie laat onderkry nie en het sukses bereik.

Die Boksburg Advertiser het met haar gesels aangesien Vrouemaand in Augustus gevier word.

Vandag is sy nie net ‘n afrigter by die plaaslike stoeiklub nie, maar sy dien onder andere ook op die afrigtersraad van die Ekurhuleni Stoei Vereeniging en Suid-Afrikaanse Stoei Federasie. Sy rig oop provinsiale en nasional vlak af. Sy tree ook as afrigter op by internasionale kompetisies.

Hoogtepunte en prestasies
Esta was die eerste vroue afrigter in stoei verkies om haar land te verteenwoordig by die 7th All African Games wat in Johannesburg plaasgevind het. Daar het sy senior Protea kleure verwerf.

Sy was ook deel van die Youth Common Wealth Games in Skotland in 2006 en in 2014 is sy gekies deur SASCOC om haar land by die Statebond Spele te verteenwoordig in Skotland. In die 29 jaar as afrigter het sy al 39 SA kampioene opgelewer.

“My susterskind het begin stoei en ek wou hom help en ondersteun in die sport so ek het saam begin oefen. Die klub het my toe genader om te begin afrig.

“Omdat stoei ‘n manssport is was daar geen dames of jong dogters wat gestoei het nie. Ek het my eie groep vir dames gestig om myself as afrigter te verbeter en om die sport te leer ken.

“Na vele versoeke en skrywes na die Suid Afrikaanse Stoei Federasie om stoei vir dames te begin was dit goedgekeur dat dames wel mag begin oefen en deelneem aan stoeikompetisies. So het ek meer en meer betrokke geraak en ‘n liefde vir die sport ontwikkel,” het die Elspark-inwoner verduidelik.

Vir Esta is stoei ‘n leefwyse.

“As die gogga eers gebyt het kan jy dit nie los nie. Stoei het n positiewe uitwerking op ‘n mens in alle opsigte. Dit leer jou so baie van jouself en selfs ander wat jy saam met jou op jou lewenspad dra. Dit help met ‘n kind se geestestoestand, ontwikkeling van jou liggaam te versterk die groei van sy/haar liggaam en sy/haar denkwyse. Dit bou karakter, leer kinders om struikelblokke en emosies te beheer en te hanteer. Dit kweek goeie sportmansgees.”

Op skool was Esta baie sportief maar het nooit gedink dat sy by stoei betrokke sal raak nie.

“Ek was 19 jaar oud toe ek blootgestel is aan stoei en is tans 29 jaar al betrokke in die mooi sport. Ek het selfs probeer om te stoei, maar het ‘n vrees gehad om op die mat te stap en te stoei. Alhoewel ek aan ‘n paar kompetisies deelgeneem het en op ‘n SA-kampioenskappe derde geeindig het, het ek gou besef om self te stoei is nie vir my nie, maar ek wil graag betrokke bly en het begin afrig dis waar my passie is.

“Ek geniet elke oomblik van afrigting dis my passie om met kinders te kan werk van so jonk as vier tot seniors mans en vroue en saam met hulle te kan groei in die sport en hulle sien ontwikkel en presteer. Stoei is nie n korttermyn sport nie, dis baie harde werk.”

Uitdagings as vrou in ‘n sport wat deur mans gedomineer word
Volgens Esta was daar veral baie uitdagings in die begin.

“Dit was om net eers aanvaar te word en mans/seuns se respek te kry en te wys dat jy dit net so goed kan doen.”
Verder voel Esta daar word nie genoeg gedoen om stoei onder vroue te bevorder nie.

“Die publiek ken nie stoei nie, veral as dit by vroue kom. Ek glo daar sal meer jong meisies in stoei belang stel as dit in skole blootgestel word,” het sy bygevoeg.

Haar raad aan meisies wat wil begin stoei: “Mense het so ‘n wanindruk oor stoei en hul skep die verkeerde prentjie oor die sport. Stoei is ‘n baie mooi sport en vir enige ouderdom en dit maak nie saak hoe groot of klein jy is nie. Veral in vandag se wêreld moet jy jouself kan verdedig. Dit leer jou om na jou liggaam om te sien en dit kweek selfvertroue. Meisies het nie nodig om op die kantlyn te sit nie.”

Lees Ook: Boksburg Wrestling Club to feature in Ekurhuleni Championships

Lees Ook: Plaaslike stoeier maak klub trots by SA’s

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button