Sport

Vereeniging te goed vir Boksburg

Die klub is trots op die spelers se vertoning en gaan dinge nou stap vir stap vat.

Dit was amper, maar nie stamper vir die Boksburg Rugbyklub hierdie naweek teen Vereeniging.

Boksburg het 20-14 teen Vereening verloor in die Valke Peregrine-stryd wat op 6 Mei by Prince George Park uitgespook is.

Reg Muller, die eerstespan se afrigter, het na afloop van die wedstryd gesê dit was ‘n wedstryd wat enige kant toe kon gaan.

“Die ouens het geveg tot die einde toe en het die moeite ingesit. Dit was dalk nie die resultate wat ons wou gehad het nie, maat dit was ‘n goeie wedstryd.

“Ons het redelik baie van ons probleme wat ons gehad het uitgesorteer en vat dinge nou stap vir stap.”

Muller het verduidelik baie spelers het op die dag uitgestaan soos Lunga Molele, Damian Diedericks en David Woolls.

Molele, Boksburg se agtsteman, is as die Uile se speler van die wedstryd aangewys.

Also Read: Boksburg Rugby Club looking for coaches

Also Read: East Rand Rugby Club raises funds

   

Related Articles

Back to top button