ERU se Rugby Youth Day ‘n sukses

Dit was 'n opwindende dag van rugby.

East Rand United (ERU) se Youth Rugby Day by Christian Brothers’ College (CBC) op 13 Augustus, om rugby onder die jeug te bevorder, was ‘n groot sukses.

Rugbyliefhebbers het in groot getalle opgedaag om die dag te ondersteun. Ongeveer 80 wedstryde is daardie dag gespeel en 32 spanne van die Oos-Rand is ingeskryf.

Volgens die ERU voorsitter, Marius de Vos, was dit ‘n opwindende dag van rugby.

East Rand United se Youth Rugby Day het met groot sukses afgeloop.

“Ons is tevrede met die uitkoms van die dag. Dit het glad verloop en almal het dit geniet. CBC se gronde is in ‘n uitmuntende toestand. Daar was ook hope talent. Rugby is ‘n familiesport en mense van alle generasies het dit bygewoon,” het hy bygevoeg.

De Vos het Lavern Maritz, Lesley-Ann Jantjies en almal bedank wat bygedra het tot die sukses van die geleentheid.

Lees Ook: WATCH: ERU team spread a little happiness around

Lees Ook: ERU vier sege teen Benoni

   

Exit mobile version