Local sportSport

East Rand United veg verbete teen Springs

Die span se vertoning in die tweede rondte was merkwaardig beter.

Die manne van East Rand United het op 25 Junie in ‘n Valke Peregrine-ligawedstryd teen Springs op tuisveld bewys dat hulle nie ‘n span is wat gaan lê nie.

United het net-net met 29-33 verloor, dit na Springs se wegholsege van 86-10 in die eerste rondte.

East Rand United se voorsitter, Marius de Vos, is beïndruk met die span se vertoning.

“Na die loesing teen Springs op Olympia Park wys ERU uiteindelik van watter stoffasie ons gemaak is en jaag Springs lelik skrik op die lyf,” het de Vos verduidelik.

Springs het ‘n voorsprong van 21-10 geniet toe die fluitjie geblaas het na die eerste helfte.

“Na rustyd het ons terug geveg en ‘n paar sprankelende drieë gedruk. Ons kon egter net nie die uitklophou plant nie.”

Also Read: East Rand United beat Boksburg in nail-biting game

Also Read:East Rand United sukkel teen Vereeniging

   

Related Articles

 
Back to top button