Local sportSport

ERU vier sege teen Benoni

'n Drie in die doodsnikke van die wedstryd teen Benoni Northerns Rugbyklub het East Rand van 'n oorwinning in die Valke Peregrine-liga verseker.

Die manne van Reiger Park het Benoni met 33-19 op tuisbodem op 21 Mei geklop.

United se voorsitter, Marius de Vos, het sy trots uitgespreek oor die span daarin geslaag het om te wen.

“Die losskakel Solomon Lemontle en regter vleuel het die agterlyn beter laat vertoon.”

Lemontle se skopwerk was puik. Hy het doelskoppe en een strafskop tussen die pale oorgeskop. Regtervleuel Luzuko Ndanda het ook twee pragdrieë gedruk.

East Rand United pak Benoni Northerns in ‘n Valke Peregrine-ligawedstryd.

“Die laaste drie was in die doodsnikke van die wedstryd gedruk deur die heelagter Caltino Jones.

“Ons senterpaar is nog iewat van ‘n kopseer, maar ons verwag om binnekort plaasvervangings in die posisies te maak wat die klub se agterlyn beter sal laat vertoon,” het hy vertel.

Benoni Northerns afrigter Herman de Beer het gesê hulle was die beter span op die dag, maar kon nie afrond nie.

“Ons volgende wedstryd is teen Brakpan, teen wie ons het jare gelede gespeel het. Ons verwag ‘n fisiese wedstryd.”

United pak op 28 Mei Noordwes Universiteit aan in Reiger Park. Die eerstespan se wedstryd gaan regstreeks op SABC uitgesaai word vanaf 15:30.

Die stryd word gaan ook geslagsgeweld aanspreek. De Vos en wyk 34 raadslid Edith Klassen gaan toesprake lewer in verband met hierde onderwerp.

Lede van die gemeenskap word aangemoedig om ‘n draai by die stadion te gaan maak om hul span te ondersteun.

Lees Ook: Former East Rand United coach joins the Valke

Lees Ook: Brakpan defeats East Rand United

   

Related Articles

Back to top button