Boksburg Rugbyklub soek nuwe hoofborg

Die klub het veral nou 'n borg nodig met die Valke Peregrine-liga wat binnekort gaan afskop.

Boksburg Rugbyklub is op soek na ’n nuwe hoofborg nadat hul paaie onlangs geskei het met Makopano Risk Solutions.

“Die feit dat ons nie ’n borg kon vasmaak vir hierdie jaar nie laat ’n leemte, maar dit gee ons die geleentheid om met voornemede donateurs in verbinding te tree.

“Daar is steeds ’n gesonde verstandhouding tussen die klub en Makopano,” het Rinus van der Linden, voorsitter van die klub, gesê.

Die klub het nou dringend ’n nuwe borg nodig, veral met die Valke Peregrine-liga wat om die draai is.

Van der Linde het benadruk dat die klub onder andere fondse benodig vir sy spelersfonds, die ontwikkeling van die perseel en toerusting soos duiksakke.

“Daar is maar altyd uitgawes in hierdie tyd. Ons is ’n gemeenskapsklub en druk nou op die gemeenskap se knoppie. Alle voornemende spelers is ook welkom om betrokke te raak by die klub.”

JJ Venter, eienaar van Makopano Risk Solutions, het gesê die rede waarom Makopano die klub nie meer borg nie is omdat die maatskappy ’n ooreenkoms gehad het om die klub net vir 2021 te borg.

Om betrokke te raak by die klub, kontak Van der Linden by 082 331 2143.

Also Read: Boksburg Rugby Club reflects on a successful year

Also Read: Boksburg Rugbyklub weer terug op die veld

   

Exit mobile version