Leer Thunder Boxing Academy se stigter ken

Die Advertiser het aan die eienaar en hoofafrigter van Thunder Boxing Academy, Riaan Janse van Rensburg, se deur gaan klop om meer uit te vind oor hom en sy boksloopbaan.

Hoe het jou loopbaan ontvou?
Ek is in 1974 saam my neef SAPS Boxing Club toe in Algoa Park, Port Elizabeth (Gqeberha), waar ek begin boks het. Daar het ek die Eastern Province Junior-titel gewen in 1976 en 1977. In 1978 het ek by Vaal Boksklub aangesluit het en was by die klub betrokke tot en met 1987. Ek het Yskor sowel as die skoolkampioenskappe gewen. In 1982 het ek ook die SADF WP weermag titel verower.

Moes jy enige uitdagings oorkom om te wees waar jy vandag is?
Dit was maar moeilike tye en ek moes drie keer ‘n week byna 7km klub toe en terug hardloop.

Waarom is jy so passievol oor boks?
Boks het my geleer om op te staan vir myself, om respek te hê vir ander en om toegewyd te wees in alles wat jy aanpak. Jy moet selfs respek hê vir jou teenstander.

Wat wil jy graag in die toekoms bereik met jou boks?
Ek is n SANBO-gekwalifiseerde regter en skeidsregter. Dit was ’n groot hoogtepunt in my lewe en ek wil graag my kennis aan seuns wat bereid is om hard te werk oordra. Ek wil teruggee wat ek in die sport geleer het.

Is daar ’n bokser na wie jy opkyk?
As jong seun was die bokser Pierre Fourie my held.

Wat is ’n paar interessante feite van jouself?
Ek is baie streng, veral as dit by boks kom, maar ek is ook ’n afrigter wat omgee vir my boksers.

Wat is jou raad aan aspirant-boksers?
Respekteer jou afrigter, werk hard en luister na raad wat vir jou gegee word vir jou sport te lewe.

Is daar iets wat jy wil byvoeg wat jy voel belangrik is?
Ek het in 2016 by Boksburg Boksklub begin afrig en in 2017 Thunder Boxing Academy gestig. Ek is trots op die boksers van Thunder. Ons spog met ’n hele klomp Ekurhuleni-titels sowel as Gauteng-titels en drie Suid-Afrikaanse titels. Ons het drie boksers verlede jaar in die Gauteng-span gehad wat die SA-kampioenskappe in Port Elizabeth sou deelneem, maar wat uitgestel was as gevolg van Covid-19. Hulle is Jeandre van Staden, Justin Mostert en Alexander Meyer.

Lees Ook: Hope talent by plaaslike boksklub

Lees Ook: Tommy Gun ready to fire

   

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version